Noemsie Inligting en doelwitte vir 2-5 jarige kleuters
Hier by Noemsie maak ons gebruik van die Elda kurrikulum vir die 2-4 jariges en die Caps kurrikulum wat voorgeskryf is deur die Departement van Onderwys om aan die kinders die beste moontlike ervaring te gee om optimaal te ontwikkel. Ons werk hoofsaaklik op ‘n Temagebasseerde kurrikulum wat op tweeweeklikse temas werk. Tydens elke tema raak ons al die nodige vaardighede soos hieronder genoem aan en ons verbreed ook u kind se algemene kennis.
Ons het volledige uitgewerkte lesplanne en beplanning word weekliks saam met al die personeel gedoen. Aanvullend word daar spesiale dae en instappies beplan wat ook deel is van elke tema.