Skip to content
Noemsie Kleuterskool

Noemsie Kleuterskool

Waar almal nog kind kan wees

Menu
  • Tuisblad
    • Algemene Inligting
      • Inligting oor kurrikulum
      • Buitemuurse Aktiwiteite
      • Noemsie se Spyskaarte
  • Ons skool se geskiedenis
  • Ons Noemsie Personeel
  • Ons foto’s
    • Hoe lyk Noemsie?
    • Ons hou graag spesiale dae by Noemsie
    • Ons nooi interessante mense Noemsie toe!
  • Noemsie Kalender
  • Noemsie Inligting en reels 2025
  • Noemsie beleide
  • Noemsie Inskrywingsvorm en Kontrak 2025
  • Covid 19 Policy
  • Popi act Policy
  • Kontak ons

Tuisblad

Noemsie kleuterskool bied aan u kind ‘n stimulerende en interessante omgewing wat sorgvrye spel bevorder. U kind se verbeelding word vrye teuels gegee en sodoende word kreatiewe idees, oplossings en benaderings gevorm en bemagtig u kind homself speel-speel. Die speelfase van enige kind se ontwikkeling is van kardinale belang. Die gesindheid en gesag van die ouerhuis word hier uitgebou en aangevul en so word ‘n tweede tuiste vir u kosbaarste besitting geskep waar hy of sy altyd belangrik is. Goeie interaksie met die verskillende ouderdomsgroepe bied ‘n wonderlike omgewing waar u kind optimaal kan ontwikkel.

  • Ouderdom  2-5jaar
  • Tweeweeklikse temas
  • Stimulerende , versorgende en veilige omgewing
  • Gestruktureerde kurrikulum in ‘n huislike atmosfeer(ELDA Kurrikulum)
  • Christen-gebasseerde onderwys
  • Tweetalig
  • Kreatiewe denke, wiskundige oplossings en taalontwikkeling
  • Kreatiewe speelhoekies

Ons waardes by Noemsie Kleuterskool

  • Liefde vir God, jou naaste en jouself.
  • Versterk Christelike waardes en norme.
  • Vestig positiewe ingesteldheid by kinders.
  • Vergifnis en verdraagsaamheid.
  • Betroubaarheid.
  • Kultuurgebondenheid.
  • Respek vir lewe.
  • Toegewydheid.
  • Skep van dinamiese, kreatiewe omgewing.
  • Voed jong breine met interessanthede.
  • Waardeer innovasie en effektiewe insette.
  • Ons het trots in wat ons doen.

  • Stel ideale en skep weë om dit te verwesenlik.
  • Kweek liefde vir die waarheid.
  • Stel bereikbare doelwitte vir leerders.
  • Ontwikkel basiese denkvaardighede, innoverende denke, unieke probleemoplossing- strategieë, luistervaardighede, vermoë om inisiatief te neem.
  • Skep ‘n vriendelike, liefdevolle atmosfeer.
  • Smee hegte band tussen ouers en skool as vennote in die opvoeding van ons kinders.
  • Ons is totaal verbind tot kwaliteit diens.
  • Ons kommunikeer openlik.

Noemsie Kleuterskool 2025 . Powered by WordPress