Skip to content
Noemsie Kleuterskool

Noemsie Kleuterskool

Waar almal nog kind kan wees

Menu
  • Tuisblad
    • Algemene Inligting
      • Inligting oor kurrikulum
      • Buitemuurse Aktiwiteite
      • Noemsie se Spyskaarte
  • Ons skool se geskiedenis
  • Ons Noemsie Personeel
  • Ons foto’s
    • Hoe lyk Noemsie?
    • Ons hou graag spesiale dae by Noemsie
    • Ons nooi interessante mense Noemsie toe!
  • Noemsie Kalender
  • Noemsie Inligting en reels 2025
  • Noemsie beleide
  • Noemsie Inskrywingsvorm en Kontrak 2025
  • Covid 19 Policy
  • Popi act Policy
  • Kontak ons

Ons skool se geskiedenis

Noemsie Kleuterskool bestaan al van 1 Mei 2001. Die skooltjie is vanjaar 22 jaar oud . Ek , Karien Wolhuter , het die speelskool by my huis begin. My jongste dogter , Liza-Mari (Noenoe) was toe 2 jaar oud en ek wou graag by haar by die huis bly. Ons was vir 14 Jaar by my huis waar ons so lekker gespeel het maar my skool was toe so gewild dat ek na ‘n ander perseel toe moes skuif.

Ons was toe al 2 juffrouens met twee assistente. Ek het toe met die Kerk se Bestuur gaan gesels en alles het toe net mooi uitgewerk. Hulle het vir my die nodige geboue gebou en ons het 30 Aug 2014 daar by die kerk ingetrek en ek het nog nooit teruggekyk nie!

Noemsie gaan van krag tot krag en ons is nou elke jaar propvol! Met ook ‘n lang waglys! Ons is 4 Opgeleide Juffouens en 6 Assistente wat ook almal voorskoolse opleiding het . Ek kan net vir die Hemelse Vader oor en oor dankie se dat Hy so goed na my en my kinders kyk!

Elke kind wat nog deur Noemsie is , het ek persoonlik geken en ek kyk ook gereeld op die skole se sosiale media hoe goed dit met hulle gaan. Hier by Noemsie word elke kind as ‘n individu behandel en word al die nodige ervaring en baie liefde aan hulle gegee om ‘n stewige fondament te skep vir hulle ontwikkelingspad.

Noemsie Kleuterskool 2025 . Powered by WordPress